Ballet

Ballet is 'n geformaliseerde vorm van dans wat sy oorsprong in die howe van die Italiaanse Renaissance het, waarvandaan dit in Frankryk en Rusland verder as 'n dansvorm ontwikkel het. Ballet is 'n hoogs tegniese en invloedryke vorm van dans en word in balletskole die wêreld oor geleer. 'n Ballet (as 'n werkstuk) word gechoreografeer en kan ook toneelspel en gebarespel insluit. Die werkstuk word ook getoonset: orkesmusiek is die algemeenste, maar sang word ook soms gebruik. Die bekendste vorm van ballet is klassieke ballet, wat bekend is vir sy tegniek en vloeiende dog presiese bewegings. Latere vorms sluit ook neoklassieke en kontemporêre ballet in.

Basiese dansbewegings in ballet sluit die volgende in:

Die plie: Dit kan voorkom as 'n demi-plie, 'n halwe kniebuiging, of as 'n volle-plie, 'n volle kniebuiging. Dit kom by baie danssoorte voor maar meestal by ballet.
Tendu: om te strek en verwys na die strek van die been na voor, sywaarts of agter, terwyl die voet gepunt of gestrek word en aan die grond raak.
Saute: om te spring.
Terre/a terre-is 'n klein sprong en die danser bly naby die grond.
Grande-is 'n groot sprong wat met krag uitgevoer word.
Spring altyd vanuit 'n plie en land in 'n plie.
Pirouette/tourne: 'n draai.
Grande battement: 'n Beweging waar die been vorentoe, sywaarts, of na agter geskop word deur hard van die grond af op te druk. Die ondersteunende been moet reguit en stewig gehou word.
Ballerinas in St. Petersburg.

Comments

Popular Posts